
Home | Site Index | Contact | About | Legal | Links | Discussions
Meanwhile # 2 | April 2004
Cover | Index | Edit Note | Articles | Illustrations
Previous Page | Next Page
...........................................................................................................................................
Poems en gedigte
kolgans
vlerkdans
waternat
drupnat
oggendty
saam gedy
ewenaaste
jy, die laaste
jy’s so goed van binne
jy kyk so mooi na floor, jorrie en tinne
hulle sal jou baie mis
jou glimlag en jou lewenslus
ag, kuier nou klaar daar in amsterdam
sodat ek en jy weer stoute goed kan aanvang
moenie vir jou ma se dat ek jou dwing
maar dis net, ek mis jou, jou lawwe ding
swart nag
woorde mag
betekenisvol
bloed stol
obsessie
aggressie
verniel
neer kniel
vaarwel
my drie dae van blou:
hemelblou
koningsblou
bloubekkieblou
apiebalblou
seeblou
vlamblou
aarblou
denimblou
waterblou
lugblou
donkerblou
ligblou
poeierblou
bokkieblou
blou blou
oog blou
koue blou
bontblou
maandagblou
damblou
baaiblou
koggelmanderkopblou
en ek onthou ..........
kolgans, jy's so goed van binne, swart nag en my drie dae van blou
deur Melodie Potgieter
Om ‘n hond te red
(BB, ek is nie jammer nie.)
Die strate wemel met verstikkende honde
Nie eers die here
Weet wat deesdae in hulle kele vassit nie
Maar dit maak nie saak nie
Seker vingers of vleis
In die agterstrate
Fluister honger mense dis koek
Wetenskaplikes publiseer artikels
Wat bewys dat die hondepopulasie
Eksponensiële groei toon
Op straathoeke skree religiuese groepe
Dis die einde
‘n Massa prediker raak verlief
Op ‘n vrou met hoëhakskoene en ‘n PVC mini: Voorbladnuus
In hoër middelklaskringe
Word traumatiese vingeramputasie ‘n statussimbool
‘n Tienerjarige Hollywood aktrise
Knip die lint by die opening van die eerste Vingeramputasie kliniek in 2010;
‘n Gratis septeise voorarm wond as jy nou bel
Teen 2020 word mense met twee arms
En tien vingers
Na minimum sekuriteit instansies gestuur
Ter wille van publieke stabiliteit
NS. Sedert 2011 is honde voor die voet
In die kop geskiet
En in massagrafte begrawe
Teen 2013 was die hondeplaag
Iets van die verlede…
Metaphysics
You cause this metamorphosis
I stalk you openly
Like an ancient predator
The taste of lust
On my tongue
The explosions in my mind
Are addictive
I crave the detonators
Of your voice
Of your body
I want to devour you
I want to be devoured by you
And so we breathe deeply
Rhythmically
Cannibalistically
The big bang in my mind
Is still expanding
Creating this universe
Where we are Gods
Om 'n hond te red and Metaphysics by Jan-jan Serfontein
Kruispad
Die son, skyn die dag se nate oop,
ek pak die tas vol ou geblomde goed
en rek die mens gemaakte moed,
deur te neem wat is en weg te loop
maar toe struikel jy op die langepad
met jou baggage sak die skouer oor,
dit skaaf ‘n moedelose spoor,
van memories wat bly vermaak in derde rat
die kruispad en die middag weer
bring issues saam om tee te drink,
koekies eet, die toekoms wink
tref beter voorsorgmaatreëls hierdie keer
want sien die donker, bring oneindig lig
as jy; grootmond kan staande bly
sonder die liefde-peace- cliché
wat sonder hoop vooruit sal vlug.
Kruispad deur Louise van Aswegen
© MEANWHILE
To the top | Previous Page | Next Page
|