Home | Site Index | Contact | About | Legal | Links | Discussions |
|---|
Mieliepitte en Geldstukke
Mieliepitte groei aan 'n mieliestronk, die stronk aan die plant en die plant in die grond ( as daar groen gras daarom groei moet jy dit uitskoffel). Die mielieplant is nie veel werd nie behalwe vir die feit dat dit die mieliepitte met die grond verbind. Die mieliestronk is ook nie baie werd nie behalwe in die Vrystaat. Die Vrystaters gebruik die stronke om braaivleisvure te maak en ook hulle voete daarmee te skrop. Hulle skree dan ook vir die Vrystaat in die Curriebeker. Ongeveer twee derdes van Suid Afrika se diëet bestaan uit mielies. Ons mense eet hoofsaaklik witmielies in die vorm van mieliepap. Geelmielies word gebruik om diere te voer, of die van ons wat onder andere "Nik Naks" en "Corn Flakes" verkies. Die diere eet verkieslik geelmielies want dit het meer voedingsware en dit maak die eiergeel geeler as gewoonlik. Etanol, wat 'n brandstofmiddel is en met petrol gemeng word, kan ook van mielies vervaardig word. Amerika gebruik huidiglik meer as 15 % van hulle mielieproduksie vir die vervaardiging van Etanol. Suid Afrika kan in die toekoms poog om dieselfde te doen. Suid Afrika is een van die grootste mielieprodusente in die wêreld en produseer ongeveer 9 miljoen ton mielies per jaar. Dit steek egter sleg af teen die VSA, wat 300 miljoen ton produseer, wat amper die helfte van die wereld se mielies is. Die ander groot kanon is China, wat meer as 120 miljoen ton produseer. Die beskikbaarheid van mielies in ander lande het 'n direkte invloed op die plaaslike mielieprys. Die prys van mielies in Amerika (verhandel op die Chicago board of trade) bepaal die invoerpariteit, m.a.w die koste om mielies in te voer. Die prys wat ons buurlande vir mielies betaal, bepaal die uitvoerpariteit. |
To the Top | Previous Page | Next Page |