Home | Site Index | Contact | About | Legal | Links | Discussions |
|---|
Doen dit so ... Boererate vir Hoofpyn - Drip 2 of 3 druppels skoon teer op die kop. Neem 'n katvel wat net geslag is en plaas dit om die kop. Die vel trek glo al die kwaad uit. Gooi 'n paar boegoeblare op 'n halwe bottel brandewyn. Laat 'n rukkie staan, suig deur en gooi die kop nat met brandewyn. Bind die kop dan toe met 'n doek en gaan lê 'n rukkie stil terwyl die kop toegepak is met kussings. - Vat een aartappel, sny dun skyfies en sit voor op die kop. Sodra hulle swart word, sit ander op. Wynruit stamp en met suurdeeg deurmekaar maak en onder die pasiënt se voete sit om die koors af te trek as hy swaar hoofpyn het en baie koorsig is. Baie maal ook om die polse slaan. Neem een asperien pil, sit 'n koolblaar op jou kop en dan ga leg jy. Vir die kopseer wat so klaag is, moet jy mosterd en asyn meng en dan tussen twee lappies smeer en dit op die voorkop van die persoon sit. Hy sal nie gou weer kopseer kry nie. Drup vyf druppels terpentyn op die kroontjie en vryf terpentyn al langs die nek in. driegangmaal Voorgereg Repies gerookte forrel, fyntjies oor 'n groen slaai gerangskik. Bedruip met 'n heel korrel mosterd en parmesan viniagrette. Bedien met vars heelgraanbroodjie. Viniagrette: Hoofgereg 200G Beesfilet (of steak), gemarineer in roosmaryn en olyfolie. Bedien met 'n romerige pepersous (met 'n rapsie brandewyn in ). Geroosterde Italiaanse groente met pietersielie en gebotterde jong aartappeltjies word daarmee bedien. Bees filette in 200g porsies gesny (vra jou slagter). Marineer in olyfolie en vars roosmaryn mengsel (kneus die blare om al die geur uit te kry) met swartpeperkorrels en 'n goeie dash balsamicasyn. Laat staan vir 'n middag. Op 'n baie warm pan bruin die filet aan albei kante, sit in 'n roosterpan en gooi 'n bietjie van die marinade oor. Rooster filette teen 200°C vir 10 minute om 'n med/rare filet te kry. Groente Nagereg Vrugte kelkie van bloedrooi waatlemoen en lemmetjie groen spanspek skyfies, wat met 'n mangosorbet afgerond word. Mangosorbet VIr meer van Barbara se geregte besoek "The Torridon" restaurant by die Himeville Arms Hotel in Himeville, Kwazulu Natal, telefoon 033 702 1305. |
To the Top | Previous Page | Next Page |