Home | Site Index | Contact | About | Legal | Links | Discussions |
|---|
|
Die tafghaai met die mullet het twee keer by sy bakkie se ruit uitgekots toe hy oor die karradio hoor dat sy vriend in 'n skietongeluk oorlede is: 'n groot vinnige spat soos 'n omgeskopte mop-emmer en 'n hartroerende, keelskeurende, slymerige tweede. "Vyf koeëlwonde" het die gesiglose stem gesê. 'n BMW sit nou al 'n geruime tyd op die bakkie se gat. Die tafghaai keur sulke gedrag af. Hy spring op die rem. Die BMW reageer met 'n danspassie, wikkel diekant, dan daaikant toe en poes in die bakkie se boude in. Die drywer vat 'n hap glas en verloor 'n oog as hy deur die windskerm vlieg en agter op die bakkie te lande kom. Die tafghaai pop die bakkie in tweede, los 'n opgevrommelde BMW agter, steek sy hand deur die ruit en voel rond op die bak, kry die bebloede drywer beet aan sy hare, pop die bakkie in derde, ruk die drywer van die bak af, en hou hom vas terwyl sy steelcapped Bronx sparks op die teerpad trek. Dis 'n gesig wat die tafghaai nie beter wil leer ken nie en hy los hom laat hy 36 rolle maak om drie minute later deur 'n aan-die-slaap trokdrywer doodgery te word. Ruan Kemp |
To the Top | Previous Page | Next Page |